May 25, 2018
Podcast · Afrikaans
Maak Of Breek
User 753980231
Alwyn is in 1985 gebore in Springs. Hy woon tans in Pretoria. Alwyn se passie vir musiek kom al van “Klein tyd’ af waar hy in n familie vol musikante groot geword het. Alwyn is al van skooltyd af in die musiekbedryf en leef sy passie vir sy musiek tenvolle uit. Hy is baie gewild onder sy ondersteuners en ander musikante. In 2007 het hy in verskeie talent kompetisies deelgeneem onder andere, Soek die sanger, Afrikaanse Idols, Supersterre en Klipdrift Idols. Alwyn is beslis n belewenis op die verhoog, sy suiwer stem en lyf swaai vermaak altyd sy gehoor en streef hy daarna om hulle almal op hul tone te hou. Alwyn het al die voorreg gehad om saam verskeie kunstenaars die verhoog te deel namens Zak van Niekerk, Fredie Nest, Billy Forest, Bobby Angel. Barbara Ray, Sally Vaughn, Jody Wayne en Lance James. Vanaf 2012 tree Hy op by Aardklop en Kknk asook ander feeste. 2013 was hy deel van die Kersfees skouspel saam met Jannie Moolman, Liza Bronner, Rina Hugo, Jay du Plessis, Alrina de Wit, Kobus Muller, Henrico en Carly Baily. Hy was ok deel van die Afrikaanse musiekfees 13 waar hy verhoog gedeel het saam met Bobby van jaarsveld, Dj ossewa, Manie Jackson, Jak de Priester, Elizma Theron, en verskeie ander kustenaars. 2013 het hy ook vir die internationale sanggroep ”Smokie” vermaak by hul media partytjie. 2014 het Alwyn by die Oppiwater kunstefees opgetree waar hy n “Neil Diamond” tribute gedoen het. Later 2014 was sy album ”Maak of Breek” ook vrygestel, en speel sy liedjies tans op verskeie radiostasies in Suid-Afrika. Einde 2014 het sy loopbaan nog n groter sprong gevat toe hy saam “Vengaboys” hulle toer in Suid-Afrika se verhoog geopen het. Sy album doen baie goed, en omdat hy net so goed op verhoog is soos op sy cd, is hy baie op anvraag by Funksies, Troues, Feeste en Restaurante.
Episodes
Ordered by publication date.
Jan 10, 2018
Why don't you spend the night
Jan 10, 2018
N Nuwe hart
Jan 10, 2018
Ek kan nie sonder jou wees nie
Jan 10, 2018
Sterredans
Jan 10, 2018
Flying on the wings of tenderness
Jan 10, 2018
As die son gaan sak
Jan 10, 2018
Soen my druk my
Jan 10, 2018
Rooi ribbok ram
Jan 10, 2018
Hart van goud
Jan 10, 2018
Dis net jy
Jan 10, 2018
Maak of breek
Jan 10, 2018
Onvervangbaar
More related podcasts
Other podcasts in Music.